Vyf Basiese beginsels waarop ons verhouding met Christus gebaseer is.
1. Jy moet seker wees dat jy ‘n kind van God is
1 Joh. 5:11-13 “En die getuienis behels dit: God het ons die ewige lewe gegee, en die lewe is deur Sy Seun. Wie die Seun het , het die lewe, wie nie die Seun van God het nie , het ook nie die lewe nie. Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo”.
Ons hoef nie te voel, of te dink, of te hoop dat ons die ewige lewe het nie. Ons kan weet omdat dit ‘n feit is wat gegrond is op die geloofwaardigheid van die woord van God.
2. Jy kan weet dat jou sondes vergewe is.
1 Joh. 1:9 “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid”.
Ons hoef nie te voel dat ons vergewe is nie, ons is vergewe op grond van die belofte in die woord.
Hoekom vra ons dan om vergifnis?
- Belydenis is nie om vergifnis te verkry nie, ons is reeds vergewe, dit is om God se vergifnis te ervaar . Vergifnis is ‘n voorvereiste om gereinig te word.
- Om gemeenskap met God te herstel.
3. Ons moet weet dat ons met die Heilige Gees vervul is gebaseer op 2 FEITE.
Ons word beveel om met die Heilige Gees vervul te wees.
Ef. 5:18 “Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul.”
Vervul beteken om oomblik vir oomblik beheer en toegerus te word deur die Gees. God het belowe om ons gebede te verhoor as ons volgens Sy wil bid. Ons kan die Heilige Gees vertrou om ons te vul op grond van Sy belofte.
1 Joh.5:14 – 15 “En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons iets volgens Sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets so vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.
Die Heilige Gees woon in alle Christene, maar nie alle Christene is met die Heilige Gees vervul of word deur Hom beheer nie. Ons kan nie met die Heilige Gees vervul en beheer wees EN ook dieselfde tyd beheer wees deur sonde soos (woede, kommer, angs, vrees, wellus, onvergewensgesindheid ens. nie.)
Jy kan deur die Heilige Gees vervul word as jy:
- Alle bewuste sonde bely(Ps. 66:18)
- Elke area van jou lewe aan Christus toevertrou (Rom. 6:16 – 17)
- God vertrou om te doen wat Hy beloof het.
4. Jy moet oomblik vir oomblik begin wandel in die Gees.
Dit moet nou ‘n lewenswyse begin word om in gehoorsaamheid met die HG te wandel, ooreenkomstig die onderstaande.
Gal. 5:16 “Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.
5. Begin getuig in die Gees
Matt 12:34 “….waar die hart van vol is loop die mond van oor.”
Hand 1:8 “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuies wees, in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.
! Baie belangrik !
Jy sal nie in die Gees getuig indien jy nie in die Gees wandel nie.
Jy sal nie in die Gees wandel indien jy nie met die Gees vervul is nie.
Jy sal nie met die Gees vervul wees indien jy nie jou sondes bely nie.
Die kans is groot dat jy nie jou sondes sal bely indien jy nie seker is dat jy ‘n Christen is nie.
Leierspaar
Deon en Karin Du Toit
012 348 4837Beskermraad
Huweliksfokus staan onder beskerming van:
ds. Dirkie vd Spuy (Leraar - Moreletapark gemeente)
dr. Arnold Mol (Opvoedkundige & skrywer)
Pastoor Neville Norden (Leraar - Lewende Woord gemeente)
Brink en Alet Gardner (Stigterslede)Navrae & Besprekings
Vicky De Jager
086 111 4797
huweliksfokus@telkomsa.net
Ekstras
- Artikels (8)
- Nuusbriewe (1)
- Videos (2)



