Sit die “oemf” terug in jou huwelik
Bou ‘n verhouding met jouself
Wees lief vir jouself
Maak tyd vir jouself
Erken jou eie tekortkominge
Wees ‘n heelmens in jouself
Twee halwe mense kan mekaar nie heelmaak nie
Begin nuut
Dis bevrydend
Nuwe opgewonde gevoel
Sien uit na mekaar
Ontdek mekaar weer van vooraf
Dink terug aan julle jong dae
Doen weer daardie moeite en spesiale dinge vir mekaar
Vergewe jouself en mekaar vir mislukkings en pyn
Gebruik die regte motivering
Waarheen is jy op pad
Wat wil jy bereik?
Kry gesamentlike doelwitte en drome waarby albei gemotiveer sal word en skryf dit neer
Toets julleself gereeld daaraan.
Lag saam
Forseer jouself om te lag oor niks
Konsentreer om neer te lag
As jy dink daar is niks om oor te lag nie is jy reg
Kies om te lag
Moenie so ernstig wees nie, forseer jouself om die ligterkant van die lewe raak te sien
Geniet die oomblik
Fokus op die oomblik
Kies om die beste te maak
Soek die geleenthede in die hede
Hou op fokus op die verlede se foute en skuldgevoelens
Daar is geen toekoms in die verlede nie
Die hede bepaal jou toekoms
Bou ‘n nuwe opwindende toekoms met mooi herinneringe
Moenie ‘n “alleenloper” wees nie
Gesonde alleentyd is nodig
Gesamentlike tyd is meer belangrik en moet beplan word
Staan by daardie beplanning
Werk as ‘n span
Moenie dat jou maat jou optrede bepaal nie
Wees ‘n termostaat, nie ‘n termometer nie
Komplimenteer mekaar
Bou mekaar op
‘n Opregte kompliment is ‘n geskenk van liefde
Let op wanneer jou maat iets moois of goed doen
Wys hulle dat jy dit raak sien en dat dit vir jou waarde het
Opbouende kritiek is teenstrydig met opbouende woorde van aanvaarding
Fokus op goeie punte
Beplan meer pret
Kies om dit daagliks te doen
Speel weer saam
Word weer kinders
Doen weer die dinge wat julle na mekaar toe aangetrek het
Beplan tenminste 1 aand per week
“Dress up, not down”
Reël ‘n spesiale aand
Huur ‘n pakklere en koop ‘n nuwe rok
Haal al die stoppe uit om dit soos ‘n eerste afspraak te hanteer
Verras jou maat onverwags.
Voorspelbaarheid kweek verveeldheid
Doen iets heeltemal buite die gewone
Koop ‘n kaartjie. Sing ‘n romantiese liedjie
Bad saam met kerse, nie net wanneer julle romanse beplan nie
Wees kreatief
Vier julle liefde
Vier spesiale dae op ‘n romantiese manier
Moenie verwagtinge koester nie.
Hierdie is ‘n moeilike een
Jou onvervulde verwagtinge bring altyd probleme en teleurstelling
I.p.v om ‘n verwagting te kweek dat jou maat jou op ‘n spesifieke manier moet liefhê, laat hom/haar toe om dit op hul eie unieke manier te doen
Behoeftes mag wel gedeel word van albei kante af, sonder druk
Beoefen jou gawe van keuse
Dit is jou beste gawe
Doen jou beste om nie die foute van die verlede te herhaal nie
Dink voor jy optree
Hierdie gaan ‘n bewustelike poging moet wees, veral as jy geneig is om jou maat in sekere areas negatief te sien. – Jy moet daarteen kies
Wees goedgesind teenoor mekaar
Leierspaar
Deon en Karin Du Toit
012 348 4837Beskermraad
Huweliksfokus staan onder beskerming van:
ds. Dirkie vd Spuy (Leraar - Moreletapark gemeente)
dr. Arnold Mol (Opvoedkundige & skrywer)
Pastoor Neville Norden (Leraar - Lewende Woord gemeente)
Brink en Alet Gardner (Stigterslede)Navrae & Besprekings
Vicky De Jager
086 111 4797
huweliksfokus@telkomsa.net
Ekstras
- Artikels (8)
- Nuusbriewe (1)
- Videos (2)



