Seminare

Gemeentes kan ons kontak om ‘n verskedenheid van seminare by hul aan te bied.  (Sien ons dagboek vir bestaande seminare waarby enige iemand kan inval.)

  • Wegbreekseminaar – Lewensveranderende ervaring vir elke egpaar wat ernstig is oor hul huwelik.  Geskik vir voornemende egpare, verloofdes asook egpare in eerste of tweede huwelike.
  • Oorwinningseminaar – ‘n Meer indiepte studie oor die emosionele wêreld van elke individu binne die huwelik en wat nodig is om te groei na emosionele en geestelike volwassenheid.
  • Gesinseminaar – ‘n Ongelooflike geleenheid vir gesinne om saam te kuier en te groei.  Ons fokus om gesinne te begelei tot ‘n gesamentlike visie, missie en waardestelsel.  Ons help om oop eerlike kommunikasie daar te stel, waarby elke lid van die gesin gehoor kan word.  Verder begelei ons gesinne om mekaar se unieke temperamente te ontdek en te verstaan.
  • Verskeie Eendagseminare:
    • Finansieële vryheid
    • Ouerskap is nie vir sissies nie
    • Kommunikasie die sleutel tot ‘n goeie gesonde verhouding
  • Enkelpraatjies vir enige ander geleenthede soos die behoefte ontstaan.
 
Set your Twitter account name in your settings to use the TwitterBar Section.