Daar is min dinge wat nie iewers al deur die jare gered moes word nie.  Van die reën woude in die Amasone tot walvisse en renosters en vrouens en kinders.  Almal is God se geskape wesens en het net soveel waarde as enigiets of iemand wat God gemaak het.  Dit is egter belangrik om net weer na God se oorspronklike opdrag uit Sy Woord te gaan kyk om al hierdie dinge in perspektief te plaas.

  1. God skape die wêreld in ses dae
  2. Die man word as Sy verteenwoordiger geskape
  3. Nadat Adam vir die diere name gegee het besef hy dat hy alleen is en vra vir God vir ‘n maat, wat God doen in die vorm van die vrou, sy hulpmaat.
  4. God gee die opdrag van verlaat, aankleef en eenwording as opdrag vir die huwelik
  5. Laastens kom die opdrag om te heers oor Sy skepping.

Die heerskappy oor die skepping word dus gedoen vanuit die huweliksverhouding en daardie verhouding kry sy oorsprong in die verhouding wat Christus met Sy kerk gehad het en vandag nog wil hê.   Ons glo dus om eers die huwelik te red voor ons met iets anders begin!

Huweliksfokus se visie is “Om huwelike te belyn met God se plan”.

Jy kan ‘n verskil maak in ons land deur by jouself te begin en te besef dat ‘n huwelik nie sommer net is omdat ons getroud is nie, maar dat daar ‘n diep geheimenis tot geestelike, emosionele en fisiese intimiteit is.  Dit is ons  fokus en ons is gereed om jou ook te help, om uiteindelik ander te help.

 
Set your Twitter account name in your settings to use the TwitterBar Section.