Ouers Moenie…
Moenie my bederf nie. Ek weet maar te goed dat ek nie alles mag kry waarvoor ek vra nie – ek toets julle net.
Moenie bang wees om ferm teen my op te tree nie. Ek verkies dit; dit gee my sekuriteit.
Moenie dat ek slegte gewoontes aanleer nie. Ek moet op julle staatmaak om dit vroegtydig uit te wys.
Moenie my kleiner laat voel as wat ek is nie – dit sal my onnodig “groot” laat optree.
Moenie my voor ander reghelp nie – ek sal baie meer aandag daaraan gee as julle dit eenkant en alleen doen.
Moenie my laat voel dat al my foute sondes is nie – dit gooi my gevoel vir waardes heeltemal deurmekaar en laat my onseker voel.
Moenie my beskerm teen gevolge nie – soms moet ek op die harde manier leer.
Moenie kwaad word wanneer ek sê ‘ek haat julle!’ nie. Ek haat julle nie, net julle vermoë om my te dwarsboom.
Moenie te veel aandag gee aan al my klagtes nie – soms kry ek juis daardeur die aandag wat ek soek.
Moenie aan my torring nie – as julle aanhou, sal ek myself moet beskerm deur my doof te hou.
Moenie oorhaastige beloftes maak nie. Onthou dat ek baie afgehaal voel wanneer julle jul beloftes verbreek.
Moenie vergeet dat ek myself nie altyd so duidelik kan uitdruk nie – dit is hoekom ek soms nie heeltemal die kol tref nie.
Moenie te veel eerlikheid van my verwag nie. Ek word maklik bang en dan vertel ek leuens.
Moenie ‘n dubbele standaard toepas nie. Dit maak my heel deurmekaar en ek verloor dan net my vertroue in julle.
Moenie my wegwys wanneer ek vrae vra nie. As julle dit doen, sal julle agterkom dat ek ophou vrae vra, en my inligting elders sal gaan soek.
Moenie my vertel my vrese is ongegrond nie – vir my is hulle werklik en julle kan baie doen deur dit net te probeer verstaan.
Moenie probeer voorgee julle is onfeilbaar en volmaak nie. Dit is vir my ‘n groot skok as ek agterkom julle is dit nie.
Moenie dink dis benede jul waardigheid om my om verskoning te vra nie. ‘n Eerlike benadering dwing respek by my af.
Moenie vergeet hoe vinnig ek groei nie. Dit moet vir julle moeilik wees om altyd tred te hou, maar probeer asseblief hard!
Moenie vergeet dat ek daarvan hou om met die lewe te eksperimenteer nie. Daarsonder kan ek nie vorder nie.
Moenie vergeet dat ek nie kan vooruitgaan sonder volop liefde en begrip van julle kant af nie. Maar DIT hoef ek julle seker nie te sê nie!
Leierspaar
Deon en Karin Du Toit
012 348 4837Beskermraad
Huweliksfokus staan onder beskerming van:
ds. Dirkie vd Spuy (Leraar - Moreletapark gemeente)
dr. Arnold Mol (Opvoedkundige & skrywer)
Pastoor Neville Norden (Leraar - Lewende Woord gemeente)
Brink en Alet Gardner (Stigterslede)Navrae & Besprekings
Vicky De Jager
086 111 4797
huweliksfokus@telkomsa.net
Ekstras
- Artikels (8)
- Nuusbriewe (1)
- Videos (2)



