Vrywiligers

Daar is huidiglik dwars oor Suid-Afrika gesinne wat as vrywilligers betrokke is by Huweliksfokus.  Hierdie gesinne ondersteun die bediening finansieel asook met hulle talente, gawes en tyd.  Spanpare tree op as medesprekers tydens seminare,  kleingroepleiers, intersessors of lewer hul getuienisse.  Ander reël Wegbreeknaweke in hul omgewing en bied die Huweliksboukursus na afloop van die naweek aan.  Daar is ook geleentheid om na voldoende opleiding, ander pare te help om meer vreugde in hulle verhouding te ontdek.

Om betrokke te raak – kontak vir Deon en Karin by 012 348 4837

 
Set your Twitter account name in your settings to use the TwitterBar Section.