Huweliksfokus en die Bybel
Johannes 1:1-3
In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.
Ons oortuiging is dat die Woord van God die enigste en ware riglyn vir die lewe en daarom ook die huwelik is. Huweliksfokus as Bediening het sy ontstaan gehad by Brink en Alet Gardner, wat in die grootste krisis van hulle lewe na God uitgeroep het vir hulp, en Hy het hulle hulp krete gehoor en hulle huwelik gered.
Die uitdaging wat ons as mense te bowe moet kom op aarde is dat ons Geestelike wesens is wat besig is met ‘n vleeslike ervaring. God het in Sy Woord gesê dat die Hemele Sy troon is en die aarde het Hy vir ons gegee om oor te heers. Hy leer ons ook dat daar voor Sy skepping nie ‘n huwelik was nie en in die hiernamaals gaan daar ook nie ‘n huwelik wees nie. Dit is dus so dat die huwelik hier op aarde ‘n spesifieke doel het, iets spesifiek wat ons daaruit moet leer ter voorbereiding van die lewe hier na. God se grootste behoefte bly egter om in verhouding met ons te staan en dit is ons verantwoordelikheid om die vlees en die Gees bymekaar te bring in daardie unieke verhouding.
Volgens Efesiërs 5:32 is daar ‘n diep geheimenis wat ons moet ontdek aangaande hierdie verhouding.
Dit is Huweliksfokus se doel om huwelike te belyn met God se Woord en die wegspring plek daarvan begin by ons verhouding met God. Daarom is elke stukkie lering van Huweliksfokus geskool op die Woord van God en ons doelwit is om huwelikspare te leer hoe om die uitdagings van die getroude lewe deur die Woord van God te hanteer.
Leierspaar
Deon en Karin Du Toit
012 348 4837Beskermraad
Huweliksfokus staan onder beskerming van:
ds. Dirkie vd Spuy (Leraar - Moreletapark gemeente)
dr. Arnold Mol (Opvoedkundige & skrywer)
Pastoor Neville Norden (Leraar - Lewende Woord gemeente)
Brink en Alet Gardner (Stigterslede)Navrae & Besprekings
Vicky De Jager
086 111 4797
huweliksfokus@telkomsa.net
Ekstras
- Artikels (8)
- Nuusbriewe (1)
- Videos (2)

