Hoekom moet ek Jesus aanneem?
Jy hoef nie! Die woord van God dwing ons nooit om iets te doen nie maar gee altyd vir ons keuses, keuses wat gepaard gaan met straf op ongehoorsaamheid en seen op gehoorsaamheid. Van die begin van die Skepping af het God alles en almal gemaak soos Hy wou en daarmee saam die doel waarom Hy dit gemaak het. Die eerste opdrag wat God die mens gegee het was aan die man nl. om te heers oor Sy skepping (Gen 1:26). Omdat Sy opdrag was dat hy en die vrou een sal word in die huwelik impliseer dit dat die vrou saam met hom oor die skepping sal heers. Na die sonde van ongehoorsaamheid (Gen 3:6) het God beveel dat die man oor die vrou sal heer en dat sy na hom sal hunker (Gen 3:16). A.g.v. die sonde stuur God die mens uit die tuin uit weg en moet hulle die gevolge van hulle besluite dra. Sy opdrag bly egter dat die mens sal vermeerder en oor die aarde sal versprei (Gen 9:7)
God gee uiteindelik vir Sy volk wette waarvolgens hulle moet lewe,nl. Die tien gebooie (Ex 34:28). Met die daarstel van die wet kom die sonde. Daar is nou reëls oor hoe ons as mens mag lewe. Sonde is ongehoorsaamheid aan God se opdragte. Hoekom? Omdat ongehoorsaamheid aan God gepaard gaan met straf en dit bring verwydering tussen ons en Hom bring. Sy plan met die skepping was dat ons in verhouding met Hom kan staan. (Gen 3:8-10)
So, ons sien dat God wil hê dat ons in verhouding met Hom moet staan en dit bewys deur gehoorsaamheid aan Sy opdragte. Satan gebruik sy invloed in ons lewens om ons besluite te beïnvloed om ongehoorsaam aan God te wees en sodoende die verhouding skade aan te doen. (Gen 3:1-5) God se egter dat ons moet sterf as ons ongehoorsaam aan Hom is. (Gen 2:16-17)
God het dus besluit dat daar straf op sonde moet wees, maar omdat Hy nie die verhouding permanent wil vernietig na sonde nie besluit Hy dat ons ‘n dier mag offer vir versoening met Hom. Die dier se bloed vloei dus in die plek van die mens se bloed. Dit word ‘n versoenings offer genoem.
God besluit later dat Hy een finale offer wil hê wat die totale sonde van die mens sal uitwis en die verhouding met Hom permanent sal herstel. Sy besluit was dat Sy Seun, Jesus Christus die Here (Jesus, Sy wêreldse Naam, Christus, die Heilige van God, die Here, die heerser oor die skepping) in die gedaante van ‘n mens vir ‘n tyd op aarde sal lewe, deur die mens se ongeloof, afguns en jaloesie, Hom vals sal beskuldig sodat Hy ter dood veroordeel sal word en uit eindelik aan ‘n kruis sal sterf. (Matt 27:22-23) Hy sal die sonde van die wêreld op homself neem en namens elke mens die straf van ongehoorsaamheid aan God in die ewige helse vuur betaal.
God die Vader sal Hom egter na drie dae uit die dood opwek en Hom lewendig terug neem in die hemel van waar hy vandaan kom om daar te wag vir die finale dag van oordeel om te bepaal wie vir die res van tyd saam met Hom sal heers in die ewige lewe en wie vir ewig in die hels vuur deur Satan gepynig sal word.
God se egter dat daar ‘n voorwaarde is om die ewige lewe saam met Hom te ontvang en dit is dat ons Jesus moet aanneem. (Rom 3:25)
Dit beteken dat ons moet glo dat Jesus die Seun van God is, dat Hy werklik op aarde kom woon het en vir my sondes aan ‘n kruis gesterf het en vandag deur Sy Gees in elkeen woon wat Hom aangeneem het (Joh. 1:12) Hoe neem ek vir Jesus aan? (Hand.2:38)
Leierspaar
Deon en Karin Du Toit
012 348 4837Beskermraad
Huweliksfokus staan onder beskerming van:
ds. Dirkie vd Spuy (Leraar - Moreletapark gemeente)
dr. Arnold Mol (Opvoedkundige & skrywer)
Pastoor Neville Norden (Leraar - Lewende Woord gemeente)
Brink en Alet Gardner (Stigterslede)Navrae & Besprekings
Vicky De Jager
086 111 4797
huweliksfokus@telkomsa.net
Ekstras
- Artikels (8)
- Nuusbriewe (1)
- Videos (2)



