Belastingvoordele vir finansiële skenkings

Huweliksfokus is sedert 15 Mei 2000 geregistreer as ‘n nie-winsgewende organisasie, (Registrasie nommer 008-686 NPO).

Ons het goedkeuring van die Kommisaris van Binnelandse Inkomste sodat ons donateurs die Artikel 18A belastingvoordele kan geniet.

Hierdie status en voorreg, stel ons in staat om belastingsertifikate uit te reik vir kontant skenkings wat ons ontvang. Hierdeur word ’n maksimum van 10% van ’n besigheid of persoon se belasbare jaarlikse inkomste as belastingaftrekbare uitgawe per jaar toegelaat.

Voorbeeld:

Belasbare inkomste per jaar voor skenkings

Toegelate 10% aftrekking

(A) R25 000.00

(B) R50 000.00

R2 500.00 (R208.33 pm)

R5 000.00 (416.66 pm)

Persoon A en B kan dus onderskeidelik ’n maandelikse skenking van R208.33 en R416.66 bewillig aan Huweliksfokus.

Persone wat ’n eenmalige skenking gee of persone wat ’n maandelikse skenking bewillig d.m.v. ’n debietorder stelsel, ontvang dan aan die einde van die jaar ’n belastingsertifikaat.

Die gelde ontvang word aangewend vir die oorhoofse kostes van die bediening, sowel as die borg van huwelikspare in finansiele nood en die verdere uitbreiding van Huweliksfokus.

Indien jy deel wil word van ons familie wat standpunt inneem vir huwelike, deur jou finansiele bydrae, kan jy vir ’n eenmalige skenking vir Pikkie Roets skakel by 012 809 0499. Vir ’n maandelikse skenking kan jy die debietorder vorm aflaai van die aanlyn dokumente, invul, en aanstuur na Huweliksfokus.

Ons opregte dank en seënwense vergesel jou.

 
Set your Twitter account name in your settings to use the TwitterBar Section.