Finansies

Huweliksfokus is sedert Mei 2000 geregistreer as ‘n nie winsgewende organisasie, met registrasie nommer 008-686NPO.

‘n Netwerk van mense, wat ‘n passie vir huwelike het, span saam om ons visie waar te maak deur ‘n maandelikse finansiële bydrae. Sonder hierdie mense se finansies sal dit nie vir ons moontlik wees om pare te bedien met die nodige lering en vaardighede wat so broodnodig is om ‘n sukses te maak van die huwelik nie.  Verder maak hierdie fondse dit moontlik om bekostigbare seminare aan te bied sowel as borgskappe aan mense te bied.

Die Huwelikselfhelppakket het reeds die lig gesien as gevolg van finansiële bydraes.  Netwerkondersteuners is ook geregtig op voordele soos: Afslag op Huweliksfokus naweke en ‘n kwartaallikse nuusbrief en CD van ‘n bekende spreker.  Vir meer inligting, kan u ons gerus kontak. Sien aanlyn dokumente vir nodige vorm indien u gelei voel om ons ook op hierdie wyse te ondersteun.

Huweliksfokuskantoor:  086 111 4797

 
Set your Twitter account name in your settings to use the TwitterBar Section.